Verloof ringe en Troupante
Verloof ringe en Troupante -Verloof ringe met diamante – gemaak met palladium, goud en platinum. Troupante vir mans and vrouens.
Bloed – of Konflik Diamante
Diamante wat in Afrika gemyn is, is n’ kontesieuse en omstrede onderwerp. Met soveel konflik situasies en oorloe wat in Afrika gefinansier word met diamante, is dit n’ baie belangrike onderwerp vir baie mense in die internasionale diamant mark. Mense wat hul hard verdiende geld op diamant verloofringe spandeer, diegene met n’ gewete, sal baie graag wil weet waar die diamant vandaan kom. Niemand wil n’ bloed- of konflik diamant dra nie!
As mens in ag neem dat die meeste van die wereld se diamante gemyn en verkoop word deur een enkele maatskappy, dan klink dit vreemd dat die wereld slegs op konflik diamante konsentreer. Die groot diamant konglomerate is baie grootliks blameerbaar vir armoede en hartseer regoor die wereld. In die verlede, sowel as vandag.
Die reuse skade wat aangerig word aan die omgewing deur die diamant mynwese is maar slegs n’ fraksie van die hele diamant industrie.Terwyl die weste ryk word op die rug van arm diamant produserende lande, hou hulle die vinger op teen konflik diamante. Terwyl niks goed kan kom van konflik diamante nie, trek hulle die aandag af vanaf die grootste booswigte wat mense regte misdade pleeg en die planeet verwoes. Diamantmyn maatskappye het baie om voor te antwoord. Terwyl hulle kla oor konflik diamante en maak asof hulle besorgd is oor die situasie, gaan hulle voort met die stroping van die aarde en om die algemene publiek gans te veel te laat betaal vir n’ produk wat op baie goeie bemarking en mite oorleef. Nie’ omdat diamante skaars is nie. Die waarheid: Diamante is volop te vinde.
Diamante is baie meer vrylik beskikbaar as half-edelstene en hul pryse word deur verskaffing en aavraging op die markte gedryf. Groot korporasies beheer meeste van die aanvraag op diamante en hul verkoop dan van die stene teen watookal prys hulle van hou, terwyl die res gestoor word om pryse hoog te hou. Wat n’ merkwaardige besigheid, en ons, die publiek, val vir hierdie skelmstreke! Die leuns, die mites en die prys. Dink daaraan, wanner iemand weer praat van hul blou-wit diamant verloofring, weet net wel dat alle diamante bloed op hulle het.
